Spreker: Hennie Terblanche
Onderwerp: Die Rus van God
31 Oktober 2004

Ek wil vanoggend vir julle lees uit Matths 11. Die opskrif is die juk van Jesus.

Mat 11:25 In daardie tyd het Jesus gespreek en ges: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het.

Hier praat hy oor die beginsels van die Koninkryk - oor wat in God se hart leef. Ons sien dit oor en oor, maar die grootste probleem l juis in die kerk. Isak Thlape s eendag vir my: Julle wittes se probleem is dat julle is te slim. Ek het verstaan wat hy daardeur bedoel, want ons wil altyd alles uitwerk en beredeneer. Alles moet vir my sin maak.

As ek vir n boer s: Ry na die lande toe, al is die oes hoe laag, maar begin God se plan daaroor te roep. Begin te s: Vader, ongeag wat ek sien, ek weet U vermo is om my te sen. U is nie afhanklik van die weer om hierdie oes te maak werk nie. Dan maak dit nie sin nie en ek wil alles met my kop begin uitwerk. Dis net daar waar ons dit mis. Dis hoekom God s dat dit vir die wyses en verstandiges verberg is. Hy s dat dit is aan die kindertjies geopenbaar.

Wat is die voorbeeld van n kind? Ja, hulle onthou net die lekker soos wanneer ek n roomys belowe het maar nie wanneer ek vra om hulle kouse op te tel nie. Maar, wat is die geheim van n kind? As jy vir hom iets s, dan gaan hy nie terug en dink en beredeneer of jy bedoel het wat jy s nie. Of hoe die storie werklik werk nie. Nee, hulle vat dit in geloof. Hulle trust jou onvoorwaardelik. Hulle vat jou op jou woord. Hulle werk nie eers alles uit nie.

Nou gee God op hoeveel plekke vir ons Sy beloftes, maar ons probleem is dat ons wil alles uitwerk. Ons is nie bereid om God op Sy Woord te vat nie. Dis waaroor dit in hierdie gedeelte gaan.

Mat. 11:26 Ja, Vader, want so was dit u welbehae. :27 Alles is aan My oorgegee deur my Vader, en niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader; ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun dit wil openbaar. :28 Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. :29 Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; :30 want my juk is sag en my las is lig.

Ek wil vanoggend met julle praat oor die rus van God.

Ons leef in n wreld waar alles vinnig en haastig is. Hoe vinniger hoe beter. Ons staan mos voor n mikrogolf en jaag dit ook aan. Die goed kan nie vinnig genoeg nie. Rekenaars is nie vinnig genoeg nie. Almal is in hierdie rat race. Net vinniger, beter, beste. Die groot probleem is dat, as ons gaan eerlik wees, dan kan jy jouself vandag evalueer. Hoeveel van hierdie gejaagde lewe veroorsaak absolute stress, druk, spanning in jou eie lewe? Met hoeveel spanning sit jy dat jy partykeer nie kan slaap of fokus nie, want dis net druk.

Ja, in die Kaap is ons n bietjie rustiger as die mense van die noorde. Toe ek op kweekskool was het daar n sekretaresse begin werk wat van Gauteng kom, maar na n paar maande het hulle terug getrek Gauteng toe. In daardie tyd s sy vir my dat sy nie hier in die Kaap sal kan aanpas nie, want daar l hope werk, maar half vyf pak die vrouens hulle handsakke dan gaan hulle huis toe. By hulle in Gauteng het hulle laat waai tot die werk klaar is. Sy vra eendag vir n vrou of hulle nie gaan klaar werk nie. Die vrou antwoord haar: Hoor hier, die son gaan mre weer opkom, dan gaan ons aan. Sy kon nie hierdie rustigheid hanteer nie en is terug noorde toe.

Ons sit darem in n area wat n bietjie rustiger is, maar die wreld is vasgevang in hierdie rat race. Alles gaan net oor oorlewing. Daar is n gesegde wat s: Elkeen vir homself en die duiwel vir die res. Dit klop nie met die Skrif nie. Dit wat ons beleef - om elke dag spanning, stress en bekommernis te ervaar - is nie God se hart nie.

Mat 11:28 Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.

Ongeag in watter situasie jy sit in jou lewe of hoe jy te na gekom is, God se Woord is: Kom na My toe. Ek sal vir jou rus gee.

:29 Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele;

God se droom is dat ons in Sy rus en vrede sal lewe. Om dit te kan doen, is daar n uiters belangrike aspek. Ons sal ons opinie en fokus moet verander. Ons sal ons moet kry op n punt om te dink soos God dink. Ons sal moet begin sien wat Hy sien. Dis waaroor ons die afgelope paar weke gepraat het oor die onsienlike.

Kol 3:2 Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.

Hoe meer ons dit gaan bedink, hoe meer gaan ons dit begin beleef.

Ek het gister n fenomenale storie gehoor van n 15 jarige meisie wie se pa haar by Wietz en Rennie se tehuis afgelaai het. Hulle versorg jong meisies wat swanger raak. Sy was deur n kliniek na hulle gestuur en die dokter het haar ondersoek en ges sy is swanger. Later is besluit om haar dokter toe te neem. Hy neem toe n sonar wat wys dat sy nie swanger is nie. Sy het al die simptome gehad, maar daar was niks nie. Die dokter vertel toe van hoeveel keer hulle met vals swangerskappe te doene kry. Alles dui op n swangerskap, maar daar is net nie n babatjie nie. Wat gebeur het was dat hierdie meisie was die vorige jaar swanger met n tweeling, maar sy het hulle verloor. n Jaar later het sy so n begeerte na n baba gehad, dat sy haarself in n swangerskap (wat nie daar was nie) gedink het. Haar liggaam het in swangerskap begin reageer.

Ek besef toe net hoe ons denke ons hele lewe benvloed. Hoe kragtig ons denke is, dat dit ons so kan rond shunt. Ons kan elke Sondag die dinge oor en oor hoor, maar as jy nie kies om jou gedagtes te verander en te vernuwe nie, gaan niks verander nie. Daar is krag in ons denke.

Ek wil jou vandag s dat as ek en jy op n punt kan kom dat ons so gefokus raak oor God se passie en droom vir ons, gaan ons wonderlike goed beleef en ervaar. God het ges: Laat My Koninkryk kom. Hy wil h dat dit wat in die hemel is, dit is Sy plan vir die aarde. Begin die dinge wat daarbo is bedink. Daarbo is nie geweld, siekte of gevaar nie. Dis Sy droom vir die aarde.

Ons evalueer alles en kyk na die feite en realiteite en s: Here, ons hoor wat Jy s, maar dis nie moontlik nie. Jy sit dalk vanoggend hier en jy het n krisis in jou lewe. Daar is iets wat jou pla of n situasie waarin jy (miskien al vir jare) is, en dit maak jou lam en moeg en gee jou stress. Dit steel joy in jou lewe. Dan wil ek vandag vir jou s dat God s by Hom is niks onmoontlik nie. Hy s: Kom na My toe en Ek sal jou rus gee. M.a.w. Ek is daar vir jou! - en God bedoel dit. Dit klink nie net te goed om waar te wees, en ons los dit daar nie. Hy het dit bedoel.

Wat is die rus van God. Ek wil bietjie by julle hoor wat s julle. As ek jou sou vra: Wat beteken die rus van God, wat spring by jou op? Wat is die idee wat jy het? Oral sien ons die belofte van God wat s: Kom na My toe, en Ek sal jou rus gee.

  • Vrede te h.
  • Daar is niks wat ek hoef te doen nie. Ek staan terug.
  • Dis soos die middelpunt van n tornado. Die absolute stilte reg in die middel.
  • Dis om God se vermo te gebruik nie ons eie vermo nie. Nie terugsit nie, maar om in elke situasie te reageer op die stem van God. Doen wat Hy s ek moet doen.
  • Die afwesigheid van vrees, twyfel en bekommernis.
  • Rus is nie die afwesigheid van moeilike omstandighede nie. Dit beteken nie jy gaan nooit probleme ondervind nie.
  • n Vaste oortuiging dat God sal doen dit wat Hy s in Sy Woord.

Om regtig in die rus van die Here te wees, is n posisie/stand wat in my denke moet begin. Ek moet op n plek kom waar God se oorwinning, Sy vermo en beloftes vir my n groter werklikheid is as die omstandighede wat my bedreig. Dit moet in ons gedagtes begin. Onthou, niemand van ons het ooit n waarborg dat ons nie in moeilike omstandighede of in n versoeking gaan kom nie. Daardie goed kan niemand vir jou waarborg nie, maar die manier hoe ek daardie omstandighede gaan hanteer, gaan afhang van watter waarde ek heg aan God se beloftes, Sy Woord en oorwinning.

As ons kyk na die volk wat God uitgelei het uit Egipteland uit. Hy s: Ek het n droom vir julle die beloofde land. Van die lammetjie wat geslag is, die bloed aan die kosyne, deur die Rooisee, by Mara het die water soet geword, water uit die rots, manna, kwartels, die wolkkolom, die vuurkolom alles wat hulle beleef het. Hulle kon nie mr God se getrouheid en voorsiening ervaar en beleef het nie. Hulle het dit elke dag ervaar. Onthou, hulle kragte het nie afgeneem of hulle klere het verslyt nie.

Nou kom hulle voor n land wat God ges het: Dis My beloofde land. Dis die land van melk en heuning waarin Ek julle wil inlei. Hulle stuur 12 verspieders uit en s: Gaan kyk bietjie. My vraag is: Hoekom het hulle verspieders uitgestuur? God was dan getrou tot daar en s: Hier is die beloofde land. Hulle stop voor die beloofde land en Moses s: Wag, wag, kom ons stuur net gou nog spies in om te gaan kyk wat daar binne aangaan.

Is dit nie presies wat ons doen nie? God lei ons en s wat ons moet doen, maar in elke situasie s ons: Here, ek hoor wat Jy s, maar bevestig dit eers weer op n ander manier. Dit klink nie vir my lekker nie. So stap ons en word elke keer gebriek deur ons eie gedagtes. Die 12 verspieders gaan toe in en kom terug met n tros druiwe wat deur twee manne gedra moet word. Een ou kan dit nie dra na. So groot is die beloftes in die land wat God in gedagte het - die plan wat God in gedagte het. Hulle sien die druiwe, maar hulle sien ook die reuse. Tien van hulle s: No ways, daardie reuse is te groot. Hulle het die hele proses vergeet van hoe God hulle in elke situasie gedra het. Vanuit Egipteland tot by die beloofde land. Hulle het vergeet hoe God hulle bedien het en in elke situasie gehelp het.

Ons as mense doen vandag dieselfde. Jy sit vandag dalk in n krisis. Dis dalk n ander situasie, maar die beginsel bly dieselfde. As jy gaan stilsit, sal jy in jou lewe sien hoe jy al voor n krisis gesit het en ges het: Here, ek is moedeloos ek kan nie. Maar, hoe die Here jou uitkoms gegee het en jy dit teenoor iemand getuig het. Hoe die Here jou daardeur gehelp het. Net om voor die volgende krisis te kom en jy maar weer op jou eie manier die krisis wil hanteer. Jy wil op jou eie manier die goed uitwerk. God s: Ek wil jou rus gee.

Die verspierders kom terug en s: Nee, die reuse is te groot. Ons kan nie hierin nie. Twee s: No ways ons kyk na die groot trosse. Ons kyk nie na die reuse nie. Die reuse is niks. As God ons so deur die woestyn en deur die see kon dra, dan stap ons daarin.

Ons lees in Heb. 3:

Heb 3:18 En aan wie het Hy gesweer dat hulle in sy rus nie sal ingaan nie, behalwe aan die ongehoorsames? :19 En ons sien dat hulle deur ongeloof nie kon ingaan nie.

Daardie volk kon nie in God se rus ingaan weens hulle ongeloof nie.

Wat ons sien as ons lees van God se rus is dat dit is n staat of posisie wat ons in ons lewe kan bereik en ervaar, waar God se voorsiening, beskerming genesing ens. ten volle kan manifesteer. Dit is wat God se rus is. Dat dit ten volle in jou lewe kan manifesteer. M.a.w. dat jy gemoedsrus kan h.

As ek dit moet saamvat in een sin, dan wil ek s dat God se rus alles wat ons kan beleef hang af van een ding - Ons vertroue in God. Ek gaan nou n rowwe ding s, maar as ons ons heeldag besig hou met bekommernisse, vrees en twyfel, dan is dit n teken dat ons het nog nie gegroei in vertroue in God nie. Dan is ons heeltyd besig om die ding op ons eie manier te hanteer. Die Skrif s: Bring al jou laste en bekommernis na My toe en Ek sal jou rus gee. M.a.w. Ek sal vir jou voorsien en jou deurdra. Trust Me! Dan s ons: Ja Here, dis fantasties, maar. Dan het ons weer ons eie resepte.

Onthou julle die storie oor die resep vir die maak van Coke? As ek die regte resep het, maar ek halveer al die bestanddele en voeg water by die res, dan kan ek nie daarop staan dat ek Coke gemaak het nie. Dan is dit nie meer Coke nie. Dan kan ons die mooiste advertensie h, maar ons sal dit nie kan verkoop as Coke nie, want hulle gaan proe dis nie Coke nie.

Vandag wil ek vir julle s dat ons kan sit waar ons wil en glo wat ons wil, maar hier is sekere beginsels in hierdie Skrif wat vir ons gegee is waarvolgens ons moet stap. As jy nie in die beginsel stap nie, sal jy nie ervaar wat jou beloftes is nie. So ek kan nie op my eie manier stap en dan s: Here, hoekom ervaar ek nie die rus wat U vir my belowe het nie. Daar is beginsels vir die rus. Dit is om God 100% te vertrou.

As ek kyk na die teks in Matths;

Mat 11:28 Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. 29 Neem My juk op julle.

Hierdie juk laat my dadelik dink aan osse wat ingespan word. M.a.w. 2 osse is langs mekaar ingespan, daar is n juk om hulle nek en hulle stap saam. Ek dink dis wat God hier metafories bedoel het. Daar kom nie n fisiese juk om ons nek nie.

Weet julle waaroor gaan dit? Dit gaan daaroor dat ek en jy moet ons ondergeskik stel aan die gesag en heerskappy van God, want Hys sagmoedig, Hys geduldig en liefdevol. Hy wil ons lei en help. Hy wil in elke situasie daar wees vir jou. Die tweede faset van om Sy juk op te neem is dat ek en jy het saam met Christus, mede-verantwoordelikheid dat hierdie sagmoedigheid en heerskappy op aarde sal uitwerk. Dis wat die vers beteken. Vat My gesag en mag op julle, want dis sag. Stap daarin, want Ek wil jou lei.

Ek dink baie van ons sit vandag hier en s: Ek soek daardie rustigheid. Ek soek daardie gemoedsrus. Party kan nie slaap nie en hulle laken draai hulle vas in die nag soos wat hulle bekommer. Ons kan eerlik met onsself wees as ek vra: Hoe ver het bekommernis jou al gebring? 99% van die tyd kan jou bekommernis sweet blou niks aan die storie verander nie. Maar weet julle, dis al waarmee ons ons besig hou. Jou kop maal en maal, net om in n maalkolk te wees van niks. Die probleem is dat ons dan weghardloop van God en s: Here, ek weet U kan help, maar ons hou ons nogsteeds met ons eie gedagtes besig. So ervaar ons nooit God se rus nie, want in Sy rus is Sy voorsiening, Sy beskerming, Sy leiding en alles waarmee Hy ons wil help. Dis ons erfenis.

Gaan lees die hele hoofstuk van Hebrers 4. Hy praat oor en oor daarvan dat God wil h dat ons hier op aarde in Sy rus moet stap. God het nie gesterf dat ons eendag in die hemel vrede moet h nie. Hy het nie gesterf dat ons eendag in die hemel voorsiening of genesing moet ervaar nie. Hy het dit vir ons gegee vir hier en nou. Die probleem is dat ons beleef dit nie, want ons wil dit op ons eie manier beleef. Ons wil dit op ons eie patroon bewerk.

Ek dink beslis dat die rus van God in jou lewe is n keuse. Dis absoluut God se droom en plan vir elkeen, maar Hy kan dit net in jou lewe bewerk as jy Hom toelaat. Hy kan net vir jou rus, vrede, kalmte en gemoedsrus gee uitkoms in jou situasie in die mate wat jy Hom toelaat. God skop nie deure oop nie. Hy gryp jou nie aan jou ore en ruk jou rond en s: Jy sal dit nou doen nie. Nooit! Hy doen dit nie, want dis nie Sy karakter nie. So die mate wat jy vol is oor die kennis van God en Sy droom vir jou en daarop fokus, is die mate wat jy God se rus in jou lewe gaan ervaar.

Ons sit hier by die kerk en hoor die goed en s dit klink wonderlik, maar as ek hier uitstap dan is ek weer in my eie gedagtewreld. Onthou, God kan nie jou gedagtes gevange neem en dit verander nie. Hy kan wel, maar Hy sal nie. Dis jou besluit en keuse. Jy besluit waaraan jy dink en waarop jy fokus. Die probleem is dat ons word nou oorweldig deur die feite en realiteite en omstandighede.

Tot verlede week het ons oor die onsienlike gepreek waar ek vir julle ges het dat God word nie beperk deur ons omstandighede nie. Hy is nie gekoppel aan swaartekrag of aan die rand/dollar prys nie. As Hy die kans kry, kan Hy op n bonatuurlike manier in jou situasie inbeweeg en vir jou rus en oorwinning gee. Maar, dis jou keuse van hoe jy Hom gaan toelaat.

n Ander belangrike ding is dan geloof. Dat geloof is die sleutel tot God se rus. Ons sien in Hebrers 3 dat die volk kon nie a.g.v. ongeloof in God se rus ingaan nie. Weet julle hoekom? Wat doen ongeloof? Ongeloof kyk na die omstandighede. Toe die volk daar wag, sien hulle hoe die 12 verspieders terugkom en hulle is opgewonde, want hulle het gehoor van die beloofde land. Tien kom terug en vertel van die reuse. Wat hoor die volk? Hulle hoor feite en realiteit. Net Joshua en Kaleb het ges: Watch die trosse man, die reuse is niks nie. Die twee het gefokus op dit wat hulle ondervind het van God se goedheid. Die ander manne het gefokus op die omstandighede.

As jy God se rus in jou lewe wil ervaar, sal jy in geloof moet stap. Geloof glo eers, dan sien jy. Jy sal n oortuiging in jou hart moet kry van die oorwinning. Ongeag wat die omstandighede is, moet jy fokus op die oorwinning. Nou gebeur daar nie dadelik iets nie. Die oorwinning breek nie deur nie. Wat gebeur dan? Dadelik wil die feite en realiteite s jys n paw-paw of n aap. Dan moet jy bly staan nie omdat jy jou slim hou nie, maar omdat daar n oortuiging in jou hart is. God s dan ek hoef my nie te bekommer nie - al breek die oplossing eers later deur. Ons probleem is dat ons in elke situasie na ons omstandighede kyk en as dit nie op ons manier deurbreek nie, dan s ons dit werk nie. Dan back pedal ons en ervaar nie God se rus nie.

Ek wil vandag vir jou s dat as jy regtig God se vrede en joy in alle omstandighede wil ervaar, sal jy God se hart moet begin roep oor daardie omstandighede. Jy sal moet begin sien wat God se droom vir jou omstandighede is. M.a.w. dit sal beteken dat jy sal Sy droom moet ken. Jy moet Sy hart ken. Jy kan nie mogge troffe nie, jy moet gaan hoor wat is God se hart.

Die volgende baie belangrike punt is dat jy jou dag vir dag moet dood reken vir jou eie idees en planne oor daardie situasie. Jy s: Here, ek gaan dit op hierdie manier doen. Wanneer God dan met jou wil praat oor n ander manier, dan lyk dit vir jou na die langpad. Jy volg eerder jou kortpad. Ons sal maar net op n plek moet kom wat ons s: Here, wat s U?

Weet julle wat gaan dan gebeur? As ons regtig toelaat dat God se rus in ons lewe manifesteer, dan sal jy n vrede ervaar wat alle verstand te bowe gaan. Jy gaan in die moeilikste omstandighede staan of te na gekom word deur mense, maar jy gaan staan en s: Ek kan nie glo dat ek so rustig en kalm is nie. Dit affekteer my nie. Dis die vrede van Fil 4:7 wat alle verstand te bowe gaan. Ek dink die shocking ding is dat dis jou keuse. Dit bly jou keuse, want dis God se droom en Sy hart vir jou. Die rus is in moeilike omstandighede die afwesigheid van twyfel, vrees en bekommernis. Bekommernis is eintlik hoogmoed. Wat s jy eintlik? Nee Here, ek sal hierdie saak hanteer. Ek kan mos nie nou net terugsit en s: Vader, hanteer hierdie ding nie. Ons is te veel al gekondisioneer om ons eie paadjie te stap.

Ek wil afsluit met seker die belangrikste punt. Luister nou mooi. Weet julle hoekom ervaar mense nie die rus van God nie? Omdat hulle nie God ken nie. Ek praat nie van jy weet van God en jy het jou lewe al vir God gegee nie. Jy is nie oortuig van God se karakter nie. As jy vandag nog hier sit en jy glo dat die moeilike omstandighede wat oor jou pad kom, God is wat dit rel en jou daarmee straf, dan kan jy nie in n volkome liefdesverhouding staan nie. Weet jy hoekom? Want dan is daar vrees teenwoordig. As ek glo dat wanneer ek n fout gemaak het dan gaan God my straf, dan is daar vrees teenwoordig. Daar waar vrees is, kan volmaakte liefde nie vloei nie.

So wat gebeur? Mense sit in n verhouding met God waar die fondasie gebou is op vrees. Hulle respekteer God en is lief vir Hom. Hy is wonderlik en hulle eer en prys Hom, maar diep in hulle agterkop is hulle bang vir God. Want, s nou maar net God looi my omdat ek nie hierdie week stiltetyd gehou het nie. As jy met hierdie gedagte in jou kop sit, dan kan jy mos nie in n 100% liefdesverhouding met God staan nie. So kan Sy rus nie in jou lewe manifesteer nie.

As die fondasie vrees is, weet jy waarmee is daardie vrees ge-cote? Dit word ge-cote met werke. Dan probeer ek perform om heeltyd net God se guns te wen. Ek moet heeltyd goed doen stiltetyd hou en dinge doen dan is God tevrede met my. So sit die kerk (die liggaam van Christus) vasgevang in n performance mode. Ons sit en hoe meer ek gaan doen, hoe meer sal ek God se goedheid en guns ervaar wat Sy rus is. Hoe beter ek stap, hoe beter gaan dit met my gaan. Ons het dit as n voorwaarde gesien. In plaas daarvan dat ons gesien het dat dit God se droom is vir ons. God s: Kom stap saam met My. Stap in dit waarin die Heilige Gees jou wil lei, dan sal jy My rus ervaar.

Jy sit dalk die afgelope drie jaar elke Sondag hier, maar ek wil julle asseblief vra: Ondersoek regtig jou hart. Sit jy regtig met n oop gemoed en s: Here, ek is oortuig dat U is nie die een wat my meer straf nie, want die kruis was genoeg. Daar bly n straf aan die einde oor vir di wat die offer verwerp, maar vandag Vader, straf U nie meer nie, want Jesus is in my plek gestraf. En dit was nie halwe werk nie. Dan gaan jy in n liefdesverhouding kan stap. Dan gaan jy kan begin om vrees op sy plek te sit en te s: Vrees, jy het geen reg in my lewe nie. Eers dan gaan jy die rus van God in elke faset van jou lewe kan ervaar.

Dan gaan jy in omstandighede kan kom waar jy by die huis kom waar jou vrou s dis chaos. Die hond het die Kreepy Krauly opgeet en alles wat deur die dag gebeur het. Sonder dat jy in reaksie begin optree, gaan jy begin reageer op God se liefde. Jy sal s: Goed, dit is nou verby. Jy kan nou niks daaraan doen nie. Daardeur s ek nie laat alles maar net onder die tafel ingevee word nie. Maar, ons hele lewe se stress en probleme bestaan daaruit dat ons onsself opjaag oor goed wat reeds verby is - waaraan ons niks kan doen nie. Hoekom? Omdat ons nie geleer het om in die rus te stap nie.

Ons het nooit geleer om te s: Here, hierdie is die feite en realiteite. Om nou te blaas en te raas gaan niks kan verander hieraan nie, maar hoe gaan ek dit kan hanteer? Vader, ek staan in U liefde. U gee vir my wysheid. Net om daardie tree terug te staan en in sy rus te gaan. Dan kan God jou met Sy wysheid bedien. Ons probleem is dat ons is ingeoefen om te wandel uit n reaksie.

Ek wil jou vandag vra om dit te los. S: Here, ek gaan reageer en die enigste reaksie wat daar gaan wees is om na U stem te luister. Dan kan ek in U rus stap. Dan kan ek U vertrou om my deur alles te lei. Ons probleem is dat ons hardloop eers na die Here wanneer die paw-paw die fan ge-strike het. Ons het ons nie ingeoefen om elke dag te stap in God se leiding nie.

Ons is in n gewoonte om ons eie dinge te doen. Die wreld maak dat ons onafhanklik moet funksioneer, maar God wil by jou staan in elke situasie. God wil jou wysheid gee en jou help in elke situasie. As daar iemand is wat vanoggend hier sit wat s hulle gaan deur n moeilike tyd en hulle fokus is net op die feite en realiteite, kies dan vandag om te s: Here, ek wil in U rus begin stap. Ek wil ophou om op my eie te reageer. Ek wil U toelaat om my met wysheid te bedien. Op die ou einde gaan die Here jou lei om te reageer, maar dat ons eers by Hom hoor. Ek glo God se hart is dat ons elke dag met vrede en joy kan ingaan en uitgaan. Dat ons dit elke dag kan ervaar 24 uur van die dag n vrede wat alle verstand te bowe gaan. Die omstandighede kan dalk moeilik wees, maar in die omstandighede kan jy met vrede en joy stap. AMEN.