AANHALING UIT NUUTSTE PREEK
"Weet julle hoeveel mense sit hier onder ons met ‘n innerlike stryd. Mense wat onder die wet leef van hierdie heilige beeld van God en hierdie heilige beeld van wat God van jou verwag. Is dit verkeerd? Nee, maar Hy verwag dit nie van jou nie, maar dit is wie jy is. Dit is wat jy is, maar daar is vir jou gesê jy moet dit word. Dan wys hulle vir jou dat jy dit nie is nie, want kyk hoe lyk jou lewe. Jy doen dit en jy doen dat en dan “sorry” jy is dit nie. Nou moet jy “effort” insit om dit te word, i.p.v. om te sê: “As ek dit is en hoe meer ek gaan glo wat ek is, hoe vinniger gaan die leuen wat my daarvan weghou, loskom."
Kol. 3:18 En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.
Neem asb. kennis dat Dikaios Christen Gemeente se telefoon no. na die volgende verander het:
081 254 6607
Ons dienste word Sondagoggende om 09:30 aangebied uit Laerskool Eikestad, Doornboschstraat, Stellenbosch